Monday, September 03, 2007

Dikazzins kop in een mus met BATman

Dikazzins is knie-diep gewikkel in ‘n opwindende projek wat beter bekend staan as die BATman-sage. Hierdie sage is uiters voordelig vir Dikazzins asook vir Afrikaanse musiek as ‘n geheel. Die saak staan so... Daar is ‘n liggaam/organisaie/organisme wat Afrikaans as uiting wil bevorder. Weens redes wat nie verstrek kan word nie, verkies hul om anoniem te bly.(...ek weet wat jul dink... dis nie die Boeremag of Vrye-messelaars nie...) Dit is bloot ‘n iets vir iets, hello Nicky? Newton 3, ek stamp jou, jy stamp my tipe effek. BATman gee vir Dikazzins ‘n geleentheid en finansiele steun om ‘n album op te neem by ‘n proffesionele studio en moontlik ook ‘n gehalte musiek-video te skiet wat op MK89 kan verskyn.

In ruil daarvoor moet Dikazzins net 2 dinge doen: Eerstens ongeveer 7 gigs speel, sonder betaling, waar hul “open” vir Ryno Velvet, Jan Blohm en Zinkplaat. En tweedens net die organisasie se roem besing en mondelings versprei. As jy BATman wil ontmasker en agterkom wie en wat hy regtig is... Kom kyk ons gigs! BATman forever!


7 Sept: Hidden Cellar saam met Radio Suid Afrika
13 Sept: Stones (Edwardstreet)
15 Sept: Diemersdal Wynlandgoed (Durbanville)
20 Sept: Durbanville Kunskafee
6 Okt: Durbanville Rugbyklub
18 Okt: Stones Edwardstreet
9 Nov: Durbanville Kunskafee

Onthou: 'n Pel van BATman is 'n pel van ons!!