Sunday, May 28, 2006

Hoenderkop

Anton het doodrustig sy bier sit drink na werk, toe hy dit per ongeluk (sê hy, maar ek dink dit was aspris) laat val dat hy deesdae vir Dikazzins speel. Barney bespreek Dikazzins toe dadelik.

Die gig was vreeslik fun. Die plek het matte, so die mix klink altyd goed. Ek kon nie glo daar is in die week so baie mense nie. Ek was so half onder die indruk dat gewone mense werk in die week. Ek was heel duidelik verkeerd.

Highlights van die aand:

Die Bouncer is gemoer
Daar was 'n tannie met 'n mullet
Etienne het nie snare geskiet nie


Newton Theron van Organandy het ons toe gejoin vir so paar Elvis covers. Mens moet darem vir die mense iets leer ook!!

Anyway, check ons in De Doorns by een of ander fees op die 27 Mei. Klink my ons speel redelik heeldag.