Tuesday, July 18, 2006

Nuwe nuus

Ek en Et het die naweek verdwyn met ‘n bottel wyn of so, ‘n pen en ‘n klomp leë snarekoevertjies om tunes op te skryf. Nou het ons vier nuwe tunes om te speel. Die een is ‘n protest anthem. Ons gaan nou daai hele Bob Dylan ding begin doen en moan oor alles en kwaad wees vir goed.

Ons het Saterdag die lankverwagte Dikazzins rugby, braai en jam dag gehou. Die nuwe tunes klink heelwat beter as wat ek aanvanklik verwag het, die wors was heerlik en die Bokke se moer. Ek skree nou slegs WP. ‘n Man moet darem een wenspan in sy arsenaal hê.

Hou die gig-guide dop. Eugene sê dinge is aan die wikkel vir baie gigs na die einde van die jaar toe. Ons is ook besig om te beplan aan so bikie merchandise en wyn. Hou duimvas.

Groente
Kaalvoet