Friday, August 11, 2006

Woensdagaand, Hoenderkop - 'n Nabetragting

Dit lyk my nou nie my mede-skrywers wil ietsie op die blog tik oor Woensdagaand nie.

Die ding staan so: Dit was een van daai lekker gigs waar ander mense inplug en tune en ons hoef net te speel. Nul speakersdra-vibes nie. Daai ande ou wat daar in die hoek gesit het, het dit namens ons gedoen en sommer die klank ook. Thanx bra, gewaardeerd.

Die gig was deel van Hoenderkop se Interskole build-up en ons het saam met Jimi Jones en die Outlaws gespeel, so om die beurt. Dit was vet pret, want Et se pa het ook daar opgerock en so paar tunes gejol. Ons het ook verder geen insidente gehad soos die vorige keer nie. Dankie Banie, gewaardeerd.

My hoogtepunt van die aand: Charl se nuwe dansie. Ek glo dat elke basspeler sy eie sideshow aan die gang moet hĂȘ. Charl had ‘n hele konsert!!

Kom check ons Saterdagaand by Simonsberg. Dit gaan ‘n WONDERLIKE aand wees. Saam met ons speel Slagyster en ook so paar van die legendste bands in die ganse koshuis. Ons waarborg ‘n aksiebelaaide vertoning. Ons mag moontlik ook so paar van die nuwe tunes jam en as julle mooi vra sal Charl julle sy dansie leer.

Groente
Die uwe
Kaalvoet