Ekstra oortollige GEES.
Aangesien hierdie my 1ste toevoeging is tot hierdie hoelistiese beeld wat ons band nou propageer , gaan ek dit redelik kort hou. So... ietsie xtra oor die hele hoenderkop ervaring. Met die aanland van my biologiese vader by die KOP soos die locals die plek noem, kom ons toe agter dat my pa en Banie, die massiewe eienaar, mekaar al jare ken en dit dan net sou waarde toevoeg tot ons alreeds uitmintende aand... So-wie-so raak dit toe laat aand... Almal was weg, net die kroegmanne, Banie wat 'n Pick 'n Pay sak bespeel en 'n kitaar wat in c getune is het oorgebly. Oh en ek en my pa natuurlik, wat gekyk het wie kan die meeste Koos Doep lirieke onthou sonder om sy eie polse af te kou.
Wat daarna gebeur het kan jy net raai...
Ons het gesukkel met die rigting...
Ons kon nie die afdraai vind...
Eindelik vind ons toe uit die Kanarie se ruite is net getint!
"Thanks for your time, now you can thank me for mine and after that's said:' Forget it!'" -Rodriquez
Gees
Die sluwe
Pampoen