Monday, August 14, 2006

Simonstock: 'n Post Mortem

Die saak staan so:

Die grootste jaarlikse rockfees op Stellenbosch se naam is Simonstock, trots aangebied deur Simonsberg. Die uwe speel gewoonlik daar met een of ander band, gewoonlik my show case band, Kaalvoet Jannie en die Kurktrekkers.  Hierdie jaar was anders, Dikazzins het gespeel.

Ek en Anton het Vrydagaand gaan voorbrand maak by die voorafgaande Klubaand. Hy op bongo’s en ek op kitaar. Dit was baie lekker.

Saterdagaand was die groot ding, met famous bands soos die Stander Gang, Saat van die Willehond en Slagyster. Een van die eerste dinge wat ons toe sien is dat die crowd al baie langer as ons kuier. Ons moes toe vinnig ‘n paar kortetjies gaan vat in De Akker, net so as teenvoeter vir die ergste stage fright.

Ek het met my nuwe pedal op Nicolaas Mouton se Moerse Marshall gespeel en dit was lekker. Etienne moes gebruik maak van ‘n geleende kitaar en die res van die band het darem hulle eie goed gehad. Dit hele bedryf was vir my vreeslik lekker.

Baie dankie vir Baba en Standi vir die reel en vir Alex en Hendrik van Bundi-productions vir die sound. Julle is my nuwe favourite klankmanne.

Soos ek dinge het is die volgende gig eers weer by die walvisfees, tensy iemand iets in ons rigting gooi.