Proverbs uit die TJOEKIE
“Kêrels niemand het gesê dit gaan maklik wees nie.” Was my woorde toe ek en 3 van my manskappe onsself agter in ‘n bakkie met blou ligte bevind het na ‘n heerlike aand in die onderdorp. Dit was verseker nie maklik nie… Hier volg ‘n gedetaileerde verslag van my despuut met die gereg.
Opgelaai en verskrik bevind ons, onsself toe in ‘n aardige situasie aangesien dit geblyk het die polisieman besig was om die Dakar te jaag en flippen ver agter was daarby. Ons dog toe dis verseker net ‘n verskikkings tegniek en dat hul ons binnekort by ons voordeur sou aflaai. Toe nie… Toe ek weer kom kry is ek besig om my skoenveters te verloor en al my persoonlike besittings in ‘n netjiese jiffie sakkie te pak. My Duitse kollega het egter sterk volstaan dat hy nie sy veters hoef prys te gee nie aangesien hy nie van plan was om enige iemand anders te verwurg, of homself te hang nie, maar dit alles in Duits natuurlik! Na ‘n paar warm klappe het hy ook vinnig sy trant verander. En ons is na ons nuwe tuiste vergesel waar daar alreeds ‘n maatjie ons ingewag het. Hy wat hom dan ook skuldig gemaak het aan beskonkenheid in die publiek. Hy was egter nie baie spraaksaam nie en het himself in die verste hoek van die sel tuis gemaak totdat hy later met ‘n ander karakter vervang was met die naam, Sipho. Sipho was gelukkig meer oop vir kommunikeer en het vinnig ingeskakel by ons vurige debatte oor die Springbok rugbyspan, die liefde en die huidige stand van politiek in Stellenbosch. Hy het egter kort-kort by die hek gaan staan en herhaaldelik die volgende geskree:”Let me out you f@cking monkeys! This is bullshit!” Teen so 7h die oggend het hul gereageer met ‘n koppie soet koffie, wat mens eerder kou as drink, en ‘n broodjie met tamatievis op, noodeloos te sê, ek was nie honger nie. Hierna is ons weer in die bakkie gelaai om ons vonnis verder in die Landroskantoor uit te dien en ons saak vir die Magistraat te stel.
Dit was die begin van die einde, want sommer agter in die bakkie het ‘n lid van die 28’s vir ons vertel wat met ons ma’s gaan gebeur as ons hom skeef aankyk terwyl hy sy Tik pyp aansteek. Daar aangeland is ons in ‘n sel geprop samet 20 ander kriminele wat op verhore wag.Die staan op aanklag van 4 moorde die ander is bloort aangekla vir verkragting ens. Vir die rêrige scary ouens het ons nie eens gevra nie! Daar was ook ‘n rustige rasta wat ons bietjie touwys gemak het oor hoe die dinge werk. Laat ek jou so sê niemand kan my nou vertel hoe rol jy ‘n zol of waar steek jy dagga weg nie. “I’ve seen it all.” Ons het,maar stil gebly en voor ons gekyk tot so 1h die middag, toe ons op borg tog vrygelaat is.
Dis nie grappies nie! Moenie gevang word nie! Hardloop… “It’s the right thing to do!”
Groete vanuit die Inside
E. Terblance
Gevangene no. 2453
GEES