Tuesday, September 26, 2006


Walvisse, GEES en Castle draught

Ja… so loop hy maar, nog een van daai fees gigs met ‘n bier tent en baie gees wat al die kultuur puriste laat krul van die pyn in hul setpil depots. Ons het reeds saterdag in Hermanus aangeland waarna ons dadelik die lafenis van ‘n paar koues opgesoek het.
Dit het ons ongeveer 45min gevat om van Onrus tot in Sandbaai te vorder, ‘n hele 3 km reis.Dit was egter die moeite werd aangesien ons met ope arms, 2 bokse KWV brannas en 12 krewe ontvang is, ons het dit hemel genoem vir short.

Daardie aand in die Levi tent het die dinge mal geruk met die BBB, Valiant, Rooibaardt en die Southern Gypsies. Anton het selfs vir KJ op sy voete en aan die “dans?” gehad.
My aand was gekenmerk deur die frase:”Hey jy met die baard! Jy mag ma!” met verwysing tot Basson se vertoning. Ek’t egter my trant vinnig verander toe hy sy kitaar begin skop. Na die show het ons vir Anton by Gecko’s afgelaai, hy het sterk gevoel dat hy nog nie genoeg gehad het nie, die bouncer het anders besluit. Anton moes toe die alternatiewe roete volg, wat rotsklim ingesluit het sowel as balle van staal. Genadiglik het hy ongeskend die volgende oggend die huis gehaal.

Sondag se gig was, maar kort en kragtig, soos ‘n goeie Rapport comic.Ons het lekker gespeel, te lekker, dat ons ‘n bietjie oor tyd gegaan het. Die Helde het egter met die loure en ‘n paar jeans weggestap, baie geluk aan hulle van die hele Dikazzins Gees komitee. Vir die van jul wat nou nie die fees kon mee maak nie:”Shame on you!” jul beter volgende jaar daar wees, want ek gaan verseker weer, aangesien ek nie die voorreg gehad het om ‘n walvis in die water te sien nie.

Gees
Catch you on the flipside
Pampoen

(PS EK glo nie dat daar rerig walvisse is nie. Inteendeel, ek dink dis alles 'n hoax om ons te laat bier drink. O, en ek het met 'n moerse Marshall amp gespeel soos dit hoort. - Kaalvoet)