Monday, October 23, 2006


Alles behalwe vreedsaam
in die Burg

Met ons aanlanding in die Burg, soos Vredenburg bekend staan, is ons met die hand gegroet asook ‘n VIP pass in die palm gestop, met ons naam op! Dit was ‘n 1ste vir ons en ons het dit duidelik gemaak deur seker die enigste band te wees met die lawwe geel papiertjies om die nek.
Die pamperlang het nie daar gestop nie… ons is toe begelei na ‘n VIP room met banke baie bier en daai massiewe sakke “wind chips” en ‘n bottel Jäger! Ek weet nou nog nie of ons die Jäger wettiglik verbruik/misbruik het nie, maar dit was gees in ieder geval.

Die gig was heel billik, alhoewel ons 1ste gespeel het was min te versmaai en het ons die beste gemaak van die Kraal van Staal, wat die illusie skep dat jy as’t ware besig is om in jou eie badkamer sing. Die gehoor was baie cool al het die meerderheid ongeveer 80m van die verhoog af gesit.(Anton het vergeet om sy AXE in te pak, dit verklaar ‘n paar ander dinge ook, maar dit op ‘n ander dag) Ons het dan toe die weg oop gebaan vir die bands wat volg nl. Abnormal Load, Liquid Fusion, Bed on Bricks en Akkedis. Bed on bricks het oudergewoonte die kalklig gesteel met hul algehele geesniss en waaibefunk.
Die bloed het ook letterlik tydens Akkedis se gig gevloei toe een of ander bra sy neus verwoes het teen ‘n “8m hoë onsigbare stuk scafholding”. Hy was egter na sy vlugtige hospital besoek weer op sy pos en in beheer van sy glas brannas.

En toe begin die pret… bibo’s het gevlieg, Charl het vir my wind chips, wat hy aan die vloer af gesmeer het gevoer en Kaalvoet was heeltemal te suinig met sy Tas na my sin.
Die rusbanke in die VIP kamer is ook met die toestemming van die eienaar tot as en springs verminder, al was daar ‘n bakkie vrag hout tot ons beskikking.(Dit het na ‘n goeie idee geklink op die tyd.) Die terug tog na ons woning was ook baie opwindend aangesien Charl en Anton beide besluit het hul wil voor hul sterf ‘n kaal myl aflê, ek en Kaalvoet is beide gesoute koshuisbrakke en het reeds die prestasie agter die belt. Daar aangekom het ek myself tuis gemaak op die TV kamer bank. Die Diksnaar het toe van my onbewustelike toestand gebruik gemaak deur vir my ‘n gruwelike poets te bak. Hy het die TV op die onsedelike kanaal(ETV op saterdae) gestel en die afstandbeheer netjies in my hand geplaas.Wetter!

Met die môrestond was Rudi en A.J. beide lede van Akkedis steeds vermis hul het egter so teen 1pm hul ligging bekend gemaak en hul kon by ons aansluit vir die laaste gig Sondagmiddag by die Beach Bar in Langebaan. Dit was ook gees en lekker rustig. ‘n Goeie afsluiting vir een van daai geesdriftige naweke van rock star wees.

Ek wil net dankie sê vir Jacques en Mike en die kêrels van die Visstok Fees dit was waarlik luuks! Geesniss

Alle eer aan Rageltije de Beer
Hou dit reguit
Die uwe
Pampoen