Tuesday, October 17, 2006


Vreemde naweek...

Ek het Vrydagaand gaan kyk hoe lonsh die Helde hulle nuwe CD. Wat ‘n wonderlike ervaring. Die Helde is myns insiens seker die beste band na Dikazzins. Ek sien rerig uit om te toer saam met hulle die einde van die jaar. Dis ‘n besondere plesier om hulle te beleef. Well done weereens vir Bertie en Beer. Julle oog vir talent is ongeewenaar.

Ek en my neef is toe Saterdagoggend hier oor die berg met die Vlieënde Hollander, met ‘n moerse klomp toerusting. Etienne se kitaar is stukkend so ek moes hom een van myne leen, maar die donner het daarop aangedring om syne te vat. Tolgeld is deesdae ook R18, btw.

Daar aangekom het hulle my ‘n bier in die hand gestop en dit is die laaste normale ding van die hele ervaring. Die details het vandag bietjie vervaag terwyl ek in die werkswinkel gestaan en sweis het, maar hier is so paar dinge wat ek onthou.

1. Ek het my gat af gesukkel om al die goed ingeplug te kry. My vriend, die Dominee, het sy mooi groot mixer onder my gat uit verkoop en toe moet ek ons altwee se kleintjies verbind.

2. Ons het perongeluk ‘n dop aanvaar van ‘n Leeuloop aanhanger wat toe vir twee ure genag het dat ons dit moet speel, kwansuis oor hy daarvoor betaal het. Hy het toe later selfs sy selfoon sy mp3-player in my mike kom indruk, sodat ons kan hoor hoe dit moet werk. Hy het in die posisie bly staan vir die volle duur van die liedjie

3. Vir een of ander vreemde rede was daar nie Jagermeister by Boshimela nie en ons moet toe ons geliefde Jagerbombs inruil vir se rare Cane geneuk. Daai biki water op die vorige aand se klam grond het nie goed gewerk op die uwe se vermoëns nie.

4. Hendrik Brakwater join ons op dromme terwyl Anton hom op die bongo’s begewe. Groot fun.

5. Wanger doen Lisa se klavier saam met Anton.

6. Louis en sy moeder tel ‘n onderonsie op oor die dansbaan en ons moet toe voortydig opslaan.

7. Ons almal dans met vreemde meisies

8. Ek sing backing vocals vir Louis Bekker wat na ons kom sing het.

9. Etienne beleef ‘n helder oomblik en dink sy stagenaam uit. Heet asseblief welkom: Uys Kruger – Lead vocals en acoustic kitaar van Dikazzins. Ek het hom persoonlik gedoop met bietjie brandewyn in die naam van Jimi, Elvis en Rock & Roll.

10. Die res van die paartie was lekker. Ek en Etienne, skuus, Uys Kruger, het groot planne gemaak vir volgende jaar. Hou vas vir die groot karwats.

Dis warm in die oggend op Rawsonville. Die vlieënde hollander het skuins na 8 in Die Bos kom insleep. Ek het net my voete gewas en toe agter my girlfriend se rug ingeskuif. Salig, is dit nie?

Nou, hierdie naweek is ons laaste amptelik gig, voorlopig. Ek wil eers gradueer voor ek die Avontute van Dikazzins voortsit. Ons speel saam met Bed on Bricks, Akkedis, Liquid Fusion en Abnormal load by die Visstok in Vredenburg en Sondag by die Beach Bar in Langebaan, acoustic set. Al die details kan geGoogle word.

Alle heil

Kaalvoet