Sunday, April 15, 2007

KKNK

Ja ja… Julle het reg gehoor, Dikazzins het dan hul Grootvoël Paradys-debuut gemaak vanjaar. Dit was dan die eerste keer dat ons in ‘n profesionele hoedanigheid die land van brandewyn, braaivleis en backtracks betree het. Viva Kunstefees!
Ons het 3 gigs gespeel op die Planet Crossing stage, wat baie gees gehad het. Hierdie nuwe verhoog het baie potensiaal en herhinner my aan die destydse Tassies Stalteater,
met oortollige gees en borrels en borrels… Tassies.

Nou vir die storietjies…
Ai, Anton… Blykbaar, volgens Tentedorp se opsigter is karfoeffel langs die krieketnette streng verbode en moes hy toe sy “situasie” verskuif na ‘n meer gepaste ligging…( enige iets verder as ‘n 10m radius van die nette)
Kaalvoet se oë het ouder gewoonte een aand in Godfathers die gees gegee. Anton moes hom blindelings huistoe lei. Gedurende hierdie ekskursie het die plaaslike owerheid hul gestop en hulp aangebied. Anton het dit toe goed gedink om Kaalvoet se “verlore Labrador” as vermiste aan te meld.
Die Kos-a-vaan verkoop nie meermin tieties op toast nie… het Wynie baie teleurgesteld uitgevind.

So loop hy mos maar… Dankie vir almal wat by die shows was, vir die van jy wat nie daar was nie, hopelik sien ons jul in 2008 op die warmste plek op aarde!

Wees Vreedsaam!
One time!