Monday, February 19, 2007

Let’s go TOER!

Hier volg dan die lank verwagte volledige verslag van die Eerste Avontoer wat my cousin heelhartig aan jul belowe het. Ek moes as’t ware uiters diep delf in my geheue kas om hierdie eksklusiewe staaltjies aan jul te bring. So hou maar styf vas, daar is plek-plek miskolle voorspel so vergewe maar die “tenses” en dinge. Let’s go Toer!

Gig 1: Hermanus
Die Eerste Aontoer het afgeskop by Gecko’s in Hermanus, wat ‘n fees! Met Fotonadans, Sondag Sensasie, Dikazzins, Zinkplaat en Gerald Clark asook die uwe Dale Collins, van die Boulevard Blues Band wat ook ‘n paar tunes uit-gejam het. Die plek was stampvol(deels omdat Anton met sy VIP pass vir Dikazzins en Zinkplaat ongeveer 40 nuwe band lede gewerf het) en die Gees hoog. Ons het almal by Bertie oorgelê Oom Dale moes egter buite in die bakkie slaap aangesien sy lappop Kat die Dobermans moes weg hou van Skaap Louw.

Gig 2: Stillbaai
Hier het ons ook ‘n dubbele door gepleeg, met ‘n buite lug show saam met Bok van Blerk en ‘n akoestiese show die volgende aand saam met Radio Suid-Afrika en Hanro Niemand. Die buite lug konsertjie met Bok was vol opwinding, ek is seker Basson van Zinkplaat sal dit beter kan oor vertel, maar ek gaan probeer… Net toe die zinkies die verhoog betree en Basson sy laaste fine tuning doen, vlieg daar, vanuit die gehoor ‘n Black Label op roete om Basson se kitaar te verwoes, samehanged/vliëend met die bier het die volgende woorde uit basuin/son: “Waar is Bok! Ons wil Nou vir Delary oor!” Die slag was groot en die toerusting nat. Nodeloos te sê was ou Sonnie nie baie gelukkig nie, dit het hy ook vir die Bier-gooier mooi laat verstaan in pront Afrikaans.
Die akoestiese show was lekker intiem en die Avontoere het hul staal op die akoestiese front gewys.



Gig 3: Gouritzmond
Dit was ongelooflik! Dit was ‘n effense laaste minuut reëling. Ons verblyf in die kampterrein het ons elkeen ‘n volle Rand gekos. Ons het in die Gemeenskapssaaltjie opgetree met ons toeskouers wat se onderdomme tussen 11 en 15 gestrek het. Nie te min was dit een van die coolste gigs op toer, veral vir Dikazzins, want ons het ‘n hoof sweep ondek in die vorm van die Duitser, wat die gehoor op hul voete gehad het met slegs ‘n paar strofes uit Dolfie se vaderland speech. Na afloop van die vertoning het ons die gees voortgesit op die strand met sang, konkavure en ‘n hele paar bottles Kloof. Awe!

Gig 4: Mosselbaai
Ou Camelot, my Captain oh my Captain. Ons het weer so halfies-halfies deal gedoen en die bands in 2 verdeel. Met Dikazzins, Fotonadans en Slagyster op die Vrydagaand en Die Helde, Sondag Sensasie, Orange Stilletto’s en Zinkplaat op die Saterdagaand. Die 2 hoogtepunte vir my was verseker Basson se 20 min sound check waarin hy ten minste 4 solo blues tunes ingewerk het en die crowd uitgeskel het omdat hul na sy mening nie genoeg gees gevang het nie. Die ander hoogtepunt was die Beyerskloof dream team. Hulle het geloop. Die ou treffer Knocking on heavens door het eers 2 dae later my kop verlaat.

Gig 5: Buffelsbaai
Ou jaar in Buffelsbaai. Vanweë die feit dat dit honde, katte, en olifante gereën het was hierdie show ietwat onsuksesvol. Ek was eintlik kinderlik opgewonde oor hierdie gig, want dit sou die eerste keer wees dat Beitel vir ons sou jam, dan sou daar 3 neefs op die verhoog wees. Ons het amper ons naam verander na iets wat klink soos die Kelly-family of die Jackson 5. Die reën het egter nie ons kuier gees gedemp nie and fun was held by all.

Gig 6: Uitenhage
Wat kan ek sê, Dikazzins het geleef in die Jaggers bar. Vir een of ander opskure rede het die inwoners ons musiek ter harte geneem. Wat deels ook bygedra het tot die ortollige gees was die wonderlike ete wat ons geniet het voor die optrede. Dit was ‘n buffet natuurlik met keuses tussen sweet corn, pilchards of boelie beef op pro-vitas en moenie van die Kloof vergeet nie.

Gig 7: PE
Al wat ek kan sê is” PE julle het uitgemis groot uitegemis!”

Gig 8: Jeffreys
Dit was die perfekte afsluitings gig vir die toer met elke band wat omtrent verdubbel het in getalle soos hul gaskunstenaars(seerowers) op die verhoog genooi het. Kaalvoet se toer het nie so positief geëindig nie, hy het ‘n grondboontjie ingekry wat hom tydelik verblind het, maar het steeds blindelingse gees vertoon en die ding deurgetrek. Op hierdie noot wil ek graag vir die DPK bedank en gelukwens met ‘n suksesvolle toer. Hierdie was nie net another brick in the wall nie. Let’s go TOER!!!!!