Friday, January 12, 2007


DIE EERSTE AVONTOER



Die toer was 'n reuse sukses. Dikazzins het die prys vir die meeste gees gewen en al ons CDs is uitverkoop!!

So paar laagtepunte:
1. Ons drommer is gehospitaliseer vir oormatige skrik. Ons vermoed dis daai rooikopgirlie in Buffelsbaai se backpackers
2. Ons vriend Porra het amper oor Charl gery toe charl gelê en slaap het
3. Ek het op 'n manier 'n peanut ingekry in Jeffries en toe swel my oë toe. Ek het dus glas nie die zinke se gig gesien nie.
4. Die bus oor my kis vol kampgoed.
5. Etienne se slaapsak was vir 6 dae weg.

Ons het vreeslik baie nuwe vriende gemaak. Almal wil ons vriende wees op myspace. Ander lekker goed wat oppad is, is eerstens my neef Et se gedetailleerde verslag van die toer, tweedens, 'n toer saam met ons bra's van OrganAndy, en dan so gig of wat saam met die Melkterte en/of Radio Suid Afrika.

Die enigste gig waarvan ek tans weet is die Wingerdfees 2,3 Maart en maybe ietsie by Stellenbosch en Wellington se Joole.

Tot later
Kaalvoet