Thursday, May 10, 2007

Die lewe agter die Bokkom gordyn

Tussen die vars seelug en die rook van Hidden Cellar het ons lanklaas vir tik op ons geliefde blog. Met ons laaste nuus hier, het ons pas teruggekeer van Die KKNK af.
Aangesien 2007 ons jaar van eerstes is, het ons bra's van Scoop ons mos saam met hulle laat speel in die Hidden Cellar vir die debuut daar. Die Line-up was Jude, Scoop en toe ons. Jude is Francois wat in Brazen Head sing se band. Scoop is ons nuwe vriende. Dis basies Scoop en die Louw broers en dan iemand op die elektriese kitaar (hulle soek nog een so as iemand weet). Scoop is vreeslik cool en het 'n mal rhythm section. Ek was met tye effens jaloers. Anton sukkel byvoorbeeld nog effens met 'n 7/4 beat. Basson so bietjie kom saamspeel en toe kom sing Bertie ook maar, net sodat hy nie uit voel nie. Leon-Ben Lamprecht en Jan Gerber het na afloop van die gig mooi stories in die JIP geskryf. Dankie weereens vir Alex-hulle van Bundi Productions vir die klank. Ek slaap rustig saans as julle mix.
Met al die die klomp eerstes, moes ons toe ook 'n draai gaan maak in die Weskus. Ons het rerig lekker gebly in die Herberg in Velddrif vir ons twee gigs in Teyana's. Teyana's is 'n vreeslike oulik plek in die Pelikaanhawe in Velddrif. Tussen Oom DC se pizza's en Belinda van Teyana's se gasvryheid kon ons toe die naweek deursien. Ons was effens verbysterd toe ons sien hoe aggressief ons harder liedjies die mense maak.
Sondag het ons Klub Mykonos toe gery vir ons gig by die Tropicana Beach Bar. Die beach bar is so hout geboutjie op die Strand. Dit was 'n heel rustige middag en niemand het ons daar met goed gegooi of oor ons geval nie.
Oppad terug het ek en Etienne so bietjie afdraaie gemis met die Vlieƫnde Hollander en moes op die ou end deur Atlantis se ghetto's jaag om by die huis te kom. Etienne het ons senuwees gekalmeer met "things going on (in the ghetto)" van Lynyrd Skynyrd. Ek was lanklaas so bly om Skelmbos se liggies te sien.
Tot volgende keerKaalvoet