Monday, July 16, 2007

Howzit Dikazzins se Maters

Hier volg dan die nuus. Dikazzins het die volgende stap geneem in goedkoop bemarking. Mens kan nou die nuutste nuus op Facebook kry, by die nuutgestigte "group", "dikazzins se maters". Daar is allerhande oulike gesprekke om aan deel te neem, bv die gewig van sekere kitaarslaners, en of dikazzins dit ooit sou maak as 'n boyband, daar is nice foto's wat Charl se girlfriend en Grietjie van ons geneem het en so hopelik 'n mooi storie wat Liska van Willeklong vir ons gaan tik. Die wonder van die ding is, mens kan dit van jou selfoon af bekyk.

Ons video wat ons geskiet het, is amper klaar hoor ons. Ons is almal verskriklik opgewonde en kan nie wag om dit op TV te sien nie. Etienne en Kaalvoet se ouma se resep staan al reg vir as sy die souttertjies moet bak.

Ons gigs is maar karig op die oomblik. Dinge sal spoedig verander. Liska van Willeklong is op dit. En van Willeklong gepraat, ons is op hulle website!! Daar is 'n moerse lang interview met kiekies en alles. Ons sien julle dan voorlopig almal op die 28ste Julie by Lanners Landing in Klapmuts. Ons gaan 'n opskop hou saam met Hoppalongcassidy, Notim en Fynbos. Ons het by die Wingerdfees saam met Hoppalong gespeel en was diep beindruk. Op die gebied van Notim en Fynbos is ons kennis gebrekkig, maar ons sien uit om te hoor.

So, tot ons dan weer sien, dankie vir al ons maats op MySpace en Facebook. Julle maak dit vir ons lekker.

Mag die son skyn waar julle klere hang
Kaalvoet en die neefs