Sunday, November 11, 2007

Die neefs leer vlie'

Ons het mos 'n nuwe beste vriend, by name BATman. Hy het 'n wonderlike gawe om neefs gelukkig te maak, so, toe ons maatjies van Radio Suid Afrika ons al die pad Harties toe nooi vir 'n gig, was BATman al te gretig om vir ons MANGO-kaatjies te koop vir die trip. Terloops, Mango kyk mooi na mens se kitare, hulle invlug bier is relatief koud, en hulle enjins val nie af soos party ander vliegtuie s'n nie.

Ons land toe op OR TAMBO se lughawe, reg in die middel van Jozi. Nou, die vorige groot ding wat ek al gesien het, was Bredasdorp se landbouskou. En deur dit alles neem Charl foto's. Jozi is heelwat groter as dit. Avis wil toe nie my kredietkaart aanvaar nie en dit kos toe my vrind JW ry om ons te kom haal. Ook maar goed, want ek het al in die lughawe verdwaal. Ek sou al die pad Gough-eiland toe verdwaal het as hulle my agter die stuur sitgemaak het. En deur dit alles neem Charl foto's.

Vrydagaand het ons by JW se huis gewoon en vir Etienne gelag. En deur dit alles neem Charl foto's. Saterdagoggend het ons gaan Wimpy-brekfis eet in Sandton. Wat my opgeval het van daai plek is dat Sandton, na al die jare, nog nie klaar is nie, hulle bou nog steeds. Na brekfis het ons toe aangestoot Harties toe. En deur dit alles neem Charl foto's. Na ons omtrent 13 keer oor die Hennopsrivier gery het stroom ons toe Harties binne en val toe sommer reguit by O'Hagans in waar die gespelery gebeur. En deur dit alles neem Charl foto's. Niel van die Radio het vir ons se oulike stempels gereel, wat vir ons verniet bier gee.

Die middag was nogal moeilik. Ons mos probeer om onsself nie oor te bedien nie, wat waarlik moeilik was, want die goed was verniet en die middagvermaak het jou basies met twee keuses gelaat, kou jou polse af, of verlig die pyn met ietsie sterker. Kyk, ek gee nie rerig om as mense met backtracks sing nie, want elke brommer op sy drol, soos my oupa eendag kwytgeraak het. Maar eerlikwaar, mense wat CDs speel en maak of dit hulle is wat sing, en of Bryan Adams sing dat hy soos Nicholis klink, behoort geskiet te word. In die openbaar. En deur dit alles neem Charl foto's. Gelukkig het Niel Hattingh en Jolandie het gesien ons lyk gesteur, en toe aangedring op biki Jan Blohm vir die gaste.

Wat dinge die middag verder bemoeilik het, is dat die Cheetahs teen die Bulle speel en wen, en natuurlik raak ek toe gans te gelukkig in die openbaar. Die Bul-ondersteuners het nie in my vreugde gedeel nie. Gelukkig het BATman hulle gekeer toe hulle my victory lap wou kort kortknip. En deur dit alles neem Charl foto's. Dis ook na die episode wat ek vir Charl belowe het ek gaan sy kamera grootkant eerste iewers indruk waar hy nie kan bykom nie.

Ag, toe die bands nou uiteindelik begin speel, was Radio Suid Afrika uitmuntend soos gewoonlik, en Charlie van Beeskraal is toe siek, en toe word ons die hoofband van die aand. Ons het erg gesukkel om ons kitare in tune te hou maar het darem geslaag in 'n goeie show. Die DJ laat ons toe deur die monitors weet dat ons moet ophou, want hy wil ook 'n beurt hê. Gelukig vir ons, en ongelukkig vir die DJ, hoor die bloubul wat so ongelukkig met my was oor die Cheetahs dit, beduie toe in geen onduidelike terme vir hom dat die band van die kaap af kom, en hulle is f@*%n goed en hulle gaan nog speel so F@* hom en toe speel ons nog bietjie.

My verassing vir die dag is toe dat my eks-girlfriend en haar nuwe kêrel, wat 'n grootkop is vir die HEAT-magazine, toe daar aangesuiker kom met die Katvrou. Ons is toe die Maandag in die JIP, waar ons geprys word as 'n nuwe omstrede band van Stellenbsoch. Ons kon tot op hede nie agterkom wat so omstrede is nie, maar dit ter syde gelaat. Ek wag nou nog dat my selluliet in die HEAT kom, kompleet met een van daai pyle wat sê:" Kry Kaalvoet selluliet?"

Die terugtog was minder eventful. Ek wil dan net hiermee vir Niel bedank dat ons kon gaan kuier het, vir JW wat ons drywer was, vir René en die Katvrou vir al die publisiteit, vir BATman vir die kaartjies en die beskerming en vir Mango dat ons veilig kon vlieg.

Tot volgende keer, saai die waatlemoen.
Kaalvoet

PS Enige vriend van BATman is 'n vriennd van ons.