Thursday, March 27, 2008

Sunset Sessions v3.0

Hos

Vandag was besonder suksesvol in die studio. Land, Gewete sweet, Hi fi hel en swallow is klaar, behalwe vir die lead breaks op Land. Ek kon nie die muse vind vandag nie. Et se vocals is uitstekend. Land is so half eerie, soos die begin van Blair witch project en hi fi hel is regte egte, properse 70's rock. Op gewete sweet pull ons so Southern twang af, en ons is moer bang Prime Circle steel Swallow by ons. Ons het natuurlik almal saamgesing. Ek op my gewone, Charl stoot die kattemaai stem en Anton vang hom hier onderlangs, soos dit 'n properse Idol betaam. Maw, as die rockband nie uitwerk nie, kan ons altyd 'n boy band word.

More moet ons gou Land klaar record, en Et se nuwe lovesong opneem, en die laaste tampers op Hoor jy dit. Met 'n biki luck is daar dalk 'n verrassing in die studio more. Moremiddag word totaal opsy gesit vir Charl se klopseliedjies. Lekker boogie tunes!!

So, julle kan solank julle geld spaar vir die CD.

Gees vir die volk
Die neefs