Die cd is amper klaar gemaster. Saam met die Daarna en Leë bottel Tas is die liedjies hieronder wat op die CD gaan kom.
1. Two timer - 'n Song oor girls met fake smiles en wat nice ouens belieg. Die chorus is op so Green Day new wave punk gerecord en die verse is half ska-rig. Die lead break is op daai ou, mid 90's stellenbosch way met die whawha pedal gespeel. Kitare, die rowwe goed op my Epiphone les Paul en op jurgern se Hofner les paul. Die ska is op Basson se rooi tele en die solo op sy thinline.
2. Swallow handel oor mense wat in kantore sit en dit haat, seker 'n tipe introspeksie. Kitare: Basson se rooi tele, Jurgen se Hofner en 'n yamaha acoustic. Half Pearl Jammerig, half slow Nirvana, met 'n cold playerige instrumental. Marise van die stillettos sing baie mooi saam en speel so paar note.
3. Hoor julle dit is 'n praat liedjie, iets tussen Kabous Verwoed en Bob Dylan wat basies se dat daar niks nuut onder die son is nie, en dat dit nie saakmaak wat aan die gang is in die land nie, dikazzins gaan nerens nie, dis ons plek die. Deal with it. Ons leen so paar lines van Uys Krige se Lied van die Fascistiese Bomwerpers. Fokken mooi opgeneem in open G tuning op Jurgen se Hofner en Et se Yamaha. Marise Landman van die stillettos speel vir ons keys.
4. Gewete sweet is 'n tipe anthem. Geskryf vir al die expats in wat huistoe verlang as die weer in London so kak is. Die kitare is omtrent al myne en al Basson se telecasters. Ons record hom in so Southern Rock styl, met weird tunings. En dan vir ekstra gees, Bertie Coetzee op bluesharp en Marise Landman op orrel. Ek vang daar van 'n noot wat net Lena Zabironi kon vang in die sixties.
5. Hi Fi Hel. 'n Liedjie oor gyt, oor moerse systems in karre, en vinnige karre. Gerecord met elke Les Paul waarop ek my hande kon le, in 'n true AC/DC styl. Luister fokken hard hierna.
6. Land is 'n tipe versugting. Miskien as almal mekaar vergewe, miskien dan raak dit vir almal lekker hier. Hier feature my Les Paul alleen. Dis 'n slag tyd dat hy shine vang. Dis so half akkedis meets dire straits en ek sing in my opinie vreeslik mooi saam op die koortjies.
7. Verbode appelkose handel oor die gewilde girls op skool. Sy's die kind wat ougat is, en sy hou van ougat maak... Charl speel hier self kitaar. Lekker township jazz. Ek funk so saam op 'n acoustic.
8. Nog een van Charl se tunes, meer 'n tipe van 'n klopse liedjie. Nul elektriese kitare, net Tim se frantic ghoema beat en 'n insane bassline van charl. Ek jam so effens acoustic saam, net vir gees.
9. My persoonlik gunsteling. Ons roep hom Die Langpad. Hy handel oor girls wat ouens se koppe deurmekaar krap. Moer eenvoudig. Ons het hom in een take opgeneem, ek op acoustic, Charl op bass en Etienne en die engel, Marise Landman op vocals. Dis so country as wat mens country kan kry. En ek bedoel nou regte country, nie hierdie kak wat hulle op die kunstefeeste speel nie.
Gees
Kaalvoet