Tuesday, June 17, 2008

Die Magtigste Dreuning


Vriende, kollegas en ander mense wat ons paaie sporadies kruis.

Hiermee kondig ons met trots af dat die CD sak en pak drukkers toe is. So gou hy terugkom, kan ons die pad vat.

Die CD is regtig 'n indrukwekkende mengelmoes van song. Ons het besluit om terug te slaan na die basics en 'n song te record soos wat hy moet klink. As hy 'n reggae siel het, dan sit ons headbands op en verbeel ons ons is die Wailers. As hy kwaaierig is klim ons bo-op die monitors en speel vir Angus en Malcolm onder die tafel in. Soos dit hoort.

Vir ons Facebook-vriende, sluit aan by "Dikazzins se maters" en click hier vir nog meer pret: http://www.facebook.com/home.php#/pages/Etienne-Terblanche-dikazzins/8875524726

Voorlopig kan julle op die volgende datums by die venues uitslaan en ons daar kry:
7 Aug 2008 Dorpstraat Teater (Amptelike lansering)
14 Aug 2008 Durbanville Kunskafee
29 Aug 2008 Seaside Blues

Ons voeg by soos wat hulle bykom.

Ek hoor 'n magtige dreuning op die highway aangerol kom.
Die klank kloof deur my senuwees en senings, en selfs die Boere gryp na zol.- Dikazzins 2008

Gees
Kaalvoet en die ander neefs