Monday, July 14, 2008

die magtige dreuning begin rommel

Ons slaan, na 'n lang stilte uiteindelik weer die stage op die 22ste Julie. My nuwe bra, Willim Welsyn het ingewillig om sy tiende in die vorm van musiek te gee en saam met ons te jam in Aandklas, die coolste nuwe venue in Skelmbos. Lank leef Willim.

Na maande se gesmeek het die Katvrou, een van my eerste fans, die Katvrou, uiteindelik vir Etienne sover gekry om die interview in te vul. Met die hulp van Megan Zwick agter die kamera verskyn ons glo eerskomende Vrydag in Die Beeld. Die Beeld is glo die koerant van keuse in areas waar Die Burger nie beskikbaar is nie. Lank lewe die Katvrou.

Soms, deur die waansin van kitare en te veel cream soda in xoggend, ontmoet mens iemand wat alles die moeite werd maak. Een so iemand is Donna. Donna is 'n girl van die Oos Kaap. Sy het, toe ons almal in depressie wou verval oor ons skip nie wou inkom nie, haar tjekboek vir ons oopgemaak, net sodat die cd kan uitkom. In my opninie, jy mens iemand soos Donna teekom, moet jy hulle eintlik try kloon. Ons kort meer sulke mense. Thanks Donna, you are making this a whole lot easier. Lank leef Donna.

Ons sien moerse uit na die volgende ses maande. Dit was 'n lang pad tot hier, en ek hoop nie hy raak enigsins korter in die toekoms nie.

Ter bevesting:
22 Julie: Pre-launch paartie met Willim Welsyn
7 Aug: Launch in Dorpstraatteater. (bespreek tog, ek hoor die plek is al taamlik vol)
14 Aug: Durbanville Kunskafee
15 Aug: Meulteater, Paarl
29 Aug: Seaside Blues, Melkbosstrand

Dikazzins is bookbar vir verjaardae, damestees, VLV-funksies, kunstefeeste ens. asook enigiets waarvoor jy vier jong manne kan nodig kry, soos bv musiek maak. Mail ons net by dikazzins@dpk.co.za.

Mag die son skyn waar jul klere hang
Kaalvoet