Friday, August 29, 2008

Nuus

Ons speel vanaand in Melkbosstrand, Etienne se hometown, by Seaside blues. Ons kan nie wag nie, want ons het lanklaas gespeel. Al was die vorige gig op die draadloos.

Toe ek vanoggend weer so slag die band Google om te sien of ons al famous, toe sou ek sien die debuut cd "die magtige dreuning" is deesdae downloadbaar op www.rhythmrecords.co.za. As jy dus meer 'n tipe van 'n ipod mens is, laai dit sommer daar af.

Onthou asb van die Facebook kompetisie van die foto's, mens kan Four Cousins wyn wen.

Geesh
KJ