Tuesday, September 09, 2008

Cross my heart-fees

'n Hele ruk terug was Dikazzins die gesig van die Get Tested, of don't be a fool of so iets veldtog op Stellenbosch. Dit was, behalwe vir wanneer ons een van die karwagte getip het, of BP-pies vir 'n boemelaar gekoop het, die laaste bydrae wat ons gemaak het vir liefdadigheid.
Aangesien Die Magtige Dreuning reeds bruinpapiersak-status bereik het, is ons bly dat ons kan dankie se in die vorm van 'n konsert vir die Rooikruis-kinderhospitaal. Hierdie konsert geskied op die 2de Oktober en ons deel die verhoog met ons hero's, Akkedis en Jack Hammer.
Hierdie gig le ons ook besonder na aan die hart, aangesien Kaalvoet, as sieklike kleuter minstens vier jaar van sy lewe daar deurgebring het. Dit is dus vir ons 'n besondere eer en 'n absolute voorreg om hierdie gig te speel.
Laat die juig