Thursday, September 18, 2008

Uitreik na die Noorde

Ons vertrek Dinsdag die 23ste Sept na die Noorde om die Rooiwynrock Woord te versprei asook 'n paar ander dinge... Byvoorbeeld: Mens kan nie 'n braai 'n braai noem as daar nie van hout gebruik gemaak word as verbrandingsmedium nie. Gasbraaiers, mieliestronke, perdedrolle, veen en houtskool is uit! Ek hoop werklik ek kan hierdie gedagtegang by die Volk tuisbring.

Ons program lyk soos volg:

1. 24ste Sept, Picasso's Potchefstroom
2. 25ste Sept, Amber Cafe Pretoria
3. 26ste Sept, Cafe Barcelona Pretoria
4. 27ste Sept, Sinkshack Bronkhorstspruit

So hou die vure hoog en die bure in die rook. Check julle daar!