Thursday, November 13, 2008

Aan die einde van die hibernasie

Etienne is uiteindelik amper klaar met sy eksamen, en ons kan weer so paar (hart)snare gaan roer op ver afgeleë plekke.

Dinge begin sommer groot die naweek. Etienne en Koos Kombuis en Zinkplaat speel Saterdagmiddag (15 November) by Beyerskloof. Ek, Johan en Charl gaan kreef duik in Hangklip en dan die aand speel ons saam met Zinkplaat in die legendariese Plankies Bar by die Hangklip Hotel.

Dinsdagaand (18 November) keer ons terug huistoe en speel 'n gig in Dorpstraat Teater. Ons het gereel met Dorpstraat dat daar allerhande specials is vir om te eet en om te drink.

Volgende Sondag (23 November) is weer by die see, Barts Tavern in die Strand, saam met onsself en dan: 28 November 2008, slaan ons die langpad na die Ooste. Ons, New Holland, Willim Welsyn en die Sunrise Toffies en Zinkplaat speel by die Sterrefees in Lady Grey.

Verdere nuus, die music video van Gewete sweet is in beplanning.

Groete
Kaalvoet