Tuesday, June 13, 2006

Etienne kry 'n fan by op die Bloublad

Author: Squatch (196.207.40.213) posted: 12-06-2006 19:48
Saterdagaand daag ek by die Gecko Bar op om Zinkplaat te ondersteun. Ek word verras met 'n streep support acts, maar die stem wat vassteek in my gedagtes is die van Ettienne Terblanche. Hy kan nie ouer as 23 wees nie. Dis 'n solo act en sy stem laat my dink aan iemand, dit spook nou nog by my, maar ek kan net nie op die naam kom nie.Daar is 'n tikkie Piet Botha, 'n tikkie Valiant, nog 'n knippie van dit en dat...hy is 'n exciting pot mixed spices.Ek kan nie onthou wanneer laas ek so opgewonde geraak het oor jong nuwe talent nie. Hy is glo al drie jaar aan die gang, maar vir my is hy 'n exciting ontdekking.Hier kom nog 'n groot naam in Afrikaanse musiek. Daar is 'n storm op die horison, luister mooi en jy hoor die donder van ver al aankom.