Die moeilikheid kom nie tot ‘n einde nie. Etienne het ‘n her gekry vir Saterdagoggend en nou gan ons sukkel Vrydagaand. Ons probeer nog dat hy sy her skuif, maar dit sukkel self.
Hoenderkop se gig nou die aand was vir my minder lekker. Die hele aand het goed gegaan, tot die bestuur van Hoenderkop op ‘n paar gaskunstenaars begin aandring het. Na ‘n brandewyn induced woordewisseling (eintlik meer ‘n monoloog, want ek mag eers iets sê as ek naam gemaak het) is ons toe daar weg, ek natuurlik weer die p... in die storie.
Ek wonder wat dit is. Dink hulle dat hulle ons nou gekoop het vir die aand en dat ons heel aand moet maak soos wat hulle sê. Besef hulle nie dat die toerusting op daai stage genoeg werd is om ‘n gemiddelde koringboer uit die skuld te help nie. Ek het agterna gedink: As hy sal toelaat dat ek my heel dronkste pel met sy bakkie laat ry, kan ons weer chat oor sy pelle op ons stage.
Hou maar duimvas dat ons regkom vrydagaand...