Monday, June 12, 2006

Gig Guide update

Lyk my die reën het ‘n neiging om mense tot Dikazzins te dryf. Dis nogal gaaf, in ag genome die feit dat ons altyd self moet ry. Die Vlakvarkgat-gig is nog aan die gang. Ek en die tannie het mekaar nog nie opgevreet nie, en lyk my sy byt aan die Organ Andy-idee. Ek moet sê, ek ook.

Elk geval, hier is die mees onlangse gig guide:

Woensdag, 14 Junie 2006          Hoenderkop, Paarl
Vrydag, 23 Junie 2006          Kaktus, Langebaan
Saterdag, 24 Junie 2006          Vlakvarkgat, Langebaan

Ons agbare lesers moet ook daarop let dat ons nog onderhandel vir nog ‘n gig iewers rondom daai naweek, so hou die spasie dop!!

Mag die son skyn waar julle klere hang.