Dagsê mense
Dikazzins doen Saterdagaand die 8ste Julie 19-2006 vir die eerste keer in die geskiedenis 'n unplugged gig. Natuurlik is dit nie rerig unplugged nie, want ons plug als in, maar ons vat nie die dromme en 'n elektriese kitaar saam nie, net bongos en accoustics. Ek wou graag gehad het die Diksnaar moet kontras bass speel, maar daar bestaan nog nie 'n kar wat groot genoeg is om die ding in te laai nie. Charl is ook te kort om bo by te kom.
Ons vra 'n skamele R30 verpligte donasie by die deur en dit is 'n helse bargain. Dis so goedkoop, dit grens aan bedrog. O, en dis by die Big Blue Café in Melkbosstrand.
Kom check dit uit!!! Dikazzins, uitgeplug.
Mag die son skyn waar jou klere hang
Die uwe
Kaalvoet