Sunday, July 09, 2006

Melkbos Times

Wel, die naweek het gekom en gegaan en ek het weer tuisgekom by ‘n vuil kombuis en ek sweer dit was nie ek nie. Ek het mos kitaargeslaan heel naweek. Ek beplan nou ‘n openbare teregstelling by Merriman 70, Stellenbosch, net so na my 11uur tee. Ek gaan my een huismaat met ‘n mikestand bykom. Hierdie stront moet stop.

Anyway, oor die kitaarslanery. Ons was mos opgesaaik vir hierdie hele MTV unplugged ding in Melkbos. Dit het toe nie heeltemal so gewerk nie, vir ‘n verskeidenheid van redes, wat nie hier ter sake is nie. Die gig was vet pret. Ek dink dis die derde keer dat ek en Et daar speel, maar we’ve come a long way. Daar was mense wat die vol band iewers sien speel het. Dit beteken ons kry al call backs. Nice going ne?

Daar het ‘n paar amussante dinge gebeur op die stage. Eerstens, niemand het snare geskiet nie, en dis ‘n rekord. Tweedens, ek het somehow Etienne se bekfluit in sy moer geblaas. Daar is ‘n hele stuk van die ding wat nie meer werk nie, die lekker deel nogal. Ek weet nie of dit so goed is nie, maar Oom Greg van die Boulevard Blues Band kan ook bekfluitjie stukkend blaas. Dis was weird toe daai bekfluitjie soos ‘n boosaardige slang klink oor die mike.

Bertie het vanmiddig vir my so rowwe version van ons Sunset Sessions gebring. Ek hou daarvan. Ek sal die official demo seker in die volgende twee weke kry en dan sal ek officially verslag doen ook. Onthou die launch op die 6de September 2006.

Van my kant af dan
Alle heil
Die uwe, Kaalvoet