Tuesday, July 29, 2008

Trots gloei rerig

Vandag, op die 28ste Julie, in die jaar van Onse Here 2008, is waarskynlik die trotste wat ons ooit sal wees. Daar is 'n doos vol cds in DPK se kantoor afgelewer, getiteld Etienne Terblanche & Dikazzins - Die Magtige Dreuning. Etienne het nog nie gepraat nie, Charl sit en ween en ek kan my lag nie hou nie. Ek wag nog vir Johan om 'n draai te maak. Baie dankie aan almal wat ons bygestaan het in die projek. Bertie en DPK, BATman, Four Cousins, Jurgen, Tim en Andertim, Wendy en almal wat in die stories was.

Ons launch nou, vir die wat nie weet nie 7 Augustus in Dorpstraat, en dan loop dinge oop. Goeie nuus vir die Noordelike-fans, ons is wel einde September daar. Ons sal die details hier en elders plaas soos wat dit deurkom.

Laat dit juig.
Kaalvoet