Tuesday, August 19, 2008

Die Magtige Dreuning tot dusver

More Maats
Ons het die magtige dreuning launch toer afgeskop met 'n stampvol Dorpstraat teater. Die gaste is verras met 'n kelkie Four Cousins en toe het almal rustig gaan sit en wag vir die show. Ons het netjies al die liedjies gespeel. Basson Laubscher van die Plate het ons gejoin vir twee liedjies en Anton Angsaanval vir nog een. Ons het die verhoog toe verlaat, maar is weer teruggeroep vir All Along the Watchtower, waar Bertie en Basson weer saamgespeel het.

Van daar af het ons die Noordelike Voorstede bekruip en voor 'n klein gehoor met baie gees gespeel. Die cd het cool verkoop en Rene het op haar eienaarskap op my arm bevestig.

Die volgende aand in die Meulteater in die Paarl was dit biki voller, met 'n heelwat ouer crowd. Dis 'n wonderlik venue om in te speel. Daar is genoeg plek vir die mense, die stage is lekker groot en die akoestiek is perfek. Ons het na die show 'n onderhoud met Radio KC gedoen.

Gisteraand het die toer 'n hoogtepunt bereik met 'n live show op RSG. Christene Wessels is baie cool. Die show het goed afgeloop en smaak my die hele familie was vasgenael voor die Radio.

Daar is nog een show oor vir die maand, naamlik die een in Seaside Blues in Melkbosstrand op die 29ste Augustus. Sien almal daar.

Gees vir die volk.
Kaalvoet